Piosenka:
National Anthems & Patriotic Songs - Die Lied Van Die Jong Suid-Afrika tekstowo zapisana

Tekst piosenki Die Lied Van Die Jong Suid-Afrika


En hoor jy die magtige dreuning oor die veld kom dit wyd gesweef
Die lied van 'n volk se ontwaking wat harte laat sidder en beef
Van Kaapland tot bo in die Noorde rys dawerend luid die akkoorde
Dit is die lied van jong Suid-Afrika

Die klop van die Voortrekkerwawiel het die eeue se rus verstoor
Die klank van die voorlaaierskote het klowe en kranse gehoor
Die diere het stil staan en luister, die bome het bewend gefluister
Dit is die koms van jong Suid-Afrika

Waar songloed van glorie die berge oor hul fronsende voorhoof streel
Waar winde oor golwende vlaktes met grassaad kerjakker en speel
Die land wat ons vaders gekoop het met bloed tot ons eie gedoop het
Dit is die land van jong Suid-Afrika

Die golwende veld is ons woning en ons dak is die hemelblou
Die vryheid alleen is ons koning, sy wagwoord is handhaaf en bou
Die stryd wat ons vaders begin het sal woed tot ons sterf of oorwin het
Dit is die eed van jong Suid-Afrika

National Anthems & Patriotic Songs - Die Lied Van Die Jong Suid-Afrika Tekst piosenki

National Anthems & Patriotic Songs - Die Lied Van Die Jong Suid-Afrika tekstowo National Anthems & Patriotic Songs - Die Lied Van Die Jong Suid-Afrika Text Die Lied Van Die Jong Suid-Afrika National Anthems & Patriotic Songs Die Lied Van Die Jong Suid-Afrika słowa

Teledysk do piosenki
Die Lied Van Die Jong Suid-Afrika

Kadr z teledysku Die Lied Van Die Jong Suid-Afrika tekst piosenki National Anthems & Patriotic Songs

TE TEKSTY PIOSENEK MAJĄ PRAWO SIĘ PODOBAĆ

NOWE TEKSTY PIOSENEK A JUŻ TAKIE POPULARNE

A POPA JESZCZE NA TE TEKSTY PIOSENEK